NewsNews

Stopteken beland paal en al in die bed

Twee mans het Dinsdagaand 'n stopteken met paal en al in 'n woonstel in gedra.

Twee mans het Dinsdagaand ‘n stopteken met paal en al in ‘n woonstel in gedra.

Volgens ‘n verklaring va ndie Cachetpark CID het die kameramoniteerders van Mooirivier Beskerming opgemerk dat die twee mans die stopteken dra. Reaksie is ontbied wat die twee voorgekeer het. Aanvanklik het hulle enige kennis van dié stopteken ontken maar later is die stopteken in ‘n bed onder komberse binne in een van die kamers gevind.

“Daar is ooreengekom dat die kompleksbestuurder die saak verder hanteer, nadat die inwoners die stopteken opnuut gaan plant het,” het Prof. Fika Janse van Rensburg, HOB van die Cachetpark CID in ‘n verklaring gesê.

Volgens Janse van Rensburg is die oortreding nie slegs onskuldige pret nie.

“Die verwydering van ‘n verkeersteken is egter ‘n strafbare wetsoortreding. ‘n Ernstige motorongeluk kan veroorsaak word deur sulke dade. Daarom – lós verkeerstekens! Brig Kiewiet van Zyl moes al oor die 20 stoptekens opnuut aankoop en plant. Ons wil nie geld en tyd hieraan bestee nie, Bult-gangers! Help dat ons hierdie gedrag uitroei,” het Janse van Rensburg gesê.

stopstraat, stop teken, Cachetpark CID

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button