NewsNews

Vrou in hospitaal na plotaanval

'n Vrou is Saterdagaand in die hospitaal opgeneem nadat sy op 'n plot aangeval is.

‘n Vrou is Saterdagaand in die hospitaal opgeneem nadat sy op ‘n plot aangeval is.

Volgens ao Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het die aanval omstreeks 21:20 in die Harpington plotte omgewing plaasgevind.

“Die vrou was tuis gewees. Sy het buite by die vuur gesit toe ‘n onbekende man die erf betree en haar aanval,” het Manyoba gesê.

Volgens haar het die vrou beserings op haar hande opgedoen, soos sy glo teruggeveg het. Die man het van die toneel gevlug waarna die vrou hospitaal toe geneem is.

“Sover ons weet is sy steeds in die hospitaal. ‘n Saak van aanranding met die opset om ernstig te beseer word ondersoek, maar nog niemand is in hegtenis geneem nie,” het Manyoba gesê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button