Lifestyle

Verandering is moontlik in jou besigheid of werksplek

Labor 4 Christus is ‘n werkplekbediening wat op die koms van God se koninkryk en vaardigheidontwikkeling in die werksplek fokus.

Labor 4 Christus is ‘n werksplekbediening wat op die koms van God se koninkryk en vaardigheidsontwikkeling in die werksplek fokus.
Die bestuur, personeel en werkers is die fokuspunt van hierdie bediening om hul tot ‘n verhouding met Christus en die daaruit voortvloeiende dissipelskap te lei. Dit het dan positiewe implikasies vir die werk wat gedoen word vir God in die werksplek en daarmee ook ‘n impak het op hul gesinne, huwelike, familie en hul betrokkenheid in die gemeenskap van die Christene.

Om vir God te arbei, bring ‘n heel nuwe benadering tot arbeid mee. Vgl. Kol. 3: 22 en 23 “Diensknegte, julle moet jul Here na die vlees in alles gehoorsaam wees, nie met oëdiens soos mensebehaers nie, maar in eenvoudigheid van hart, omdat jul God vrees. En wat jul ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie.”

Bestuurders en werkers met ‘n Christus gesindheid lei daartoe dat produktiwiteit verbeter, God die werksplek en besigheid seën en dat arbeidsprobleme verminder. Die bediening vind plaas deur weeklikse (30 minute) of twee weeklikse sessies (30/60 minute) wat oor ‘n groot verskeidenheid onderwerpe wat op die werksituasie, ondersteuning in moeilike tye, lewensvaardighede fokus en as prioriteit na begeleiding na Jesus Christus as Verlosser toe lei.

Pastorale hulp en ondersteuning van almal in die werksplek is ingesluit.
Die tragiese situasie in Suid-Afrika is dat net naasteby 9% van werkers in die werksplek met passie werk terwyl 46% “slaap wandelaars” is en 45% saboteerders is.

Indien u die voorafgaande gelees het, en die grafiek gesien het, let daarop dat Satan nie tevrede daarmee sal wees dat u dit toelaat nie. Hy sal u begin oortuig van allerhande struikelblokke soos bv. ons is te besig, ons het nie tyd daarvoor, elkeen het sy eie kerk ens. Moenie hom sy sin gee nie en oorweeg dit ernstig om u besigheid met hierdie bediening te seën. Vir alle struikelblokke voorsien God oplossings. Kontak vir Henk by 083 292 5513 of e-pos labor4christus@outlook.com. Sien uit daarna om van u te hoor!

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button