NewsNews

Brand vernietig 600ha

Die brand wat die afgelope twee dae noord van Potchefstroom gewoed en die dorp in ‘n digte rooklaag omvou het, het volgens die assistant brandweerhoof, Attie Booysen op die plaas van Dick Daly ontstaan.

Die brand wat die afgelope twee dae noord van Potchefstroom gewoed en die dorp in ‘n digte rooklaag omvou het, het volgens die assistant brandweerhoof, Attie Booysen op die plaas van Dick Daly ontstaan. Die plaas strek tot by die Damontspanningsoord en die Mooirivier.
Die brand het in ‘n bloemkomplantasie begin en na die Haagner en Serfontein boerderye versprei. Ongeveer 600 ha het afgebrand waarvan die grootste gedeelte weiding is. Die oorsaak van die brand kan nog nie presies vasgestel word nie.
Volgens Booysen was dit die grootste brand hierdie seisoen. Dr. Kobus Roux van die Potchefstroom Brandbeskermingsvereniging sê brande het hierdie jaar met ongeveer 80% afgeneem onder meer weens nuwe regulasies dat boere moet aansoek doen om voorbrande op hul plase te doen. Daar is ook groter bewusmaking onder mense gedoen om brande te verhoed.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button