Nuusmaker van die jaar 2019
Die Herald het vanjaar 48 uitgawes uit gebring en elke dag nuus op sy webtuiste van die gemeenskap bekend gemaak.

Die Herald het vanjaar 48 uitgawes uit gebring en elke dag nuus op sy webtuiste van die gemeenskap bekend gemaak.
Maar watter persoon of instansie is vanjaar die meeste in die nuus gewees?
Dit is moeilik vir ‘n groot instansie soos die NWU om nie kort-kort in die kollig te wees nie. Die Herald het vanjaar in drie agtereenvolgende weke berig oor die tragiese dood van vier mense wat aan die NWU verbonde is. Die universiteit het ook die nuus gemaak nadat hulle besluit het om nie amptelik die 150 jaar bestaan van die universiteit te vier nie.
Hulle sportsmense het ook weer op verskeie velde uitgeblink. Die universiteit het ook ‘n sleutelrol gespeel om die Cachetpark CID tot stand te bring. Die inisiatief het reeds die Bult vir die beter begin verander.
Goed en sleg is die NWU die Herald se nuusmaker van die jaar.



