Melktert – daardie tradisionele, romerige soetigheid het uiteindelik die eer gekry wat dit toekom, want van nou af vier ons elke 27 Februarie dié heerlike gebak.
Dié tertjie kom ‘n lang pad en as ‘n mens aan die bestanddele dink is dit eintlik eenvoudig – melk, eiers, botter, suiker en meel. Bestanddele wat die oumense in hulle spense gehad het. Daar is nie juis iets eksoties daaraan nie, behalwe miskien die kaneel bo-op.
So, almal word aangemoedig om vandag melktert te proe of te bak of sommer net met ander te deel, want ons het mos nou ‘n verskoning.




