NewsNews

VIDEO: Vrou vanoggend na bewering aangerand

'n Vrou is na bewering vanoggend (28 Februarie) ongeveer 08:00 by Vyfhoek aangerand toe sy ‘n saketransaksie by ‘n maatskappy wou gaan afhandel.

‘n Vrou is na bewering vanoggend (28 Februarie) ongeveer 08:00 by Vyfhoek aangerand toe sy ‘n saketransaksie by ‘n maatskappy wou gaan afhandel.

Angelique Labuschagne (42), het saam met een van haar kliënte die perseel betree toe een van die werksnemers haar na ‘n woordewisseling, na bewering aangeval het.

Labuschagne en haar kliënt (wat anoniem wou bly) beweer die man het aggressief geraak en op Labuschagne begin skree toe sy ‘n stoorplek wat haar kliënt huur wou oopmaak. Die werknemer het na bewering geweier dat die stoorplek oopgemaak word.

“Ek het toe vir hom gesê ‘Oom moenie op my skree nie’, hy het aanhou skree en op my begin vloek,” het Labuschagne met trane in haar oë gesê.

Volgens Labuschagne het hy haar na bewering aan die arms gegryp, haar geruk en gepluk en teen haar eie voertuig gedruk.

Sy beweer ook verder dat die man haar kliënt se foon gegryp het toe hy agterkom dat daar ‘n video geneem word.

Die Herald het met die man in kontak gekom en volgens hom het Labuschagne-hulle die perseel onwettig betree.

Hy wou nie verder kommentaar oor die beweerde aanranding verskaf nie.

Kyk die video hier:

Lees meer in volgende week (5 Maart) se uitgawe van die Potchefstroom Herald.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button