
‘n Man het gisteraand (2 Maart) ernstige beserings opgedoen nadat sy voertuig op die hoeke van Louw en Paulstraat gerol het.
Volgens Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het paramedici en die plaaslike brandweer omstreeks 18:30 op die toneel gekom. Die man was in die voertuig, wat op sy dak op die sypaadjie gelê het, vasgekeer.
“Die deure kon van binne oopgemaak word nadat die syvenster uitgeslaan was. Die man is op die toneel behandel waarna hy na Mediclinic Potchefstroom vir verdere sorg vervoer is,” het Campbell gesê.
Die presiese oorsaak van die ongeluk is bekend nie. Plaaslike owerhede was op die toneel om verdere ondersoek in te stel.




