SportSport

10 vrae met Joe Smith

Die voormalige NWU-Puk, Luiperds en Southern Kings stut is tans die hoofafrigter by Potch Dorp Rugbyklub en ook 'n onderwyser by Laerskool Fochville.

1. Vertel my meer oor wat jy doen vir ʼn lewe (wat behels dit, wat is die lekkerste daarvan en wat is die slegste daarvan)

Ek is ’n onderwyser by Laerskool Fochville en rig Potch Dorp af. Lekkerste deel is om met die kinders te werk en hulle as mens te verbeter. Rugby is my passie en ek geniet dit elke dag.
Die slegste deel daarvan is die lang ure. Party dae is ek eers 8uur in die aand by die huis.

2. Waar het jy groot geword en toe jy ʼn kind was, wat wou jy eendag word?

Het in Fochville groot geword en wou graag ’n akteur word.

3. As jy een plek kon kies in Potch waar jy meeste van jou tyd wil deurbring, waar sou dit wees?

Bly nie meer in Potch nie maar as ek nou Potch toe gaan, kuier ek maar by my vriende en skoonma.

Joe Smith
Joe Smith

4. Vyf mense wat jy nog wil ontmoet, en hoekom?

• Hafthor Björnsonn en Brian Shaw: Twee beste Strongman in die wêreld tans.
• Roger Federer: Beste tennisspeler wat nog gelewe het.
• Virat Kholi: Dink hy is tans die beste krieketspeler en beste kaptein. Hy het vir my die “ultimate” passie vir sy sport. Hy haat ook om te verloor.
• Kevin Hart: Dink dit sal ’n lekker gesprek wees.

5. Saam met wie wil jy nie in ʼn hysbak vassit nie (net een persoon)?

Adolf Hitler

6. Jou gunstelingplek waarheen jy al gereis het, of heen wil reis?

Gunsteling plek waar ek al was – Ierland en Tsjeggiese Republiek.
Plek wat ek nog heen wil gaan – Ysland: Wil in Hafthor Björnsson se gym oefen.

7. Wat is jou stokperdjies?

Powerlifting en strongman

8. Vyf dinge waarsonder jy nooit die huis sal verlaat nie?

Selfoon
Sleutels
Beursie
Kos
Gymsak

9. Drie gunstelingdisse?

Sushi, Braaivleis en Pasta

10. Wat is jou gunstelingaanhaling?

“Doen als wat dit vat om die beste te wees in wat jy doen veral die klein goed wat mense nie sien nie.”

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button