NewsNews

VIDEO: Chaos soos oproeriges by munisipale geboue betoog

Chaos het vanoggend uitgebreek met ‘n oproerige skare wat by die hoofgebou van die J.B Marks Munisipaliteit in Wolmaransstraat betoog het.

 

Chaos het vanoggend uitgebreek met ‘n oproerige skare wat by die hoofgebou van die J.B Marks Munisipaliteit in Wolmaransstraat betoog het. Die palisade-omheiding is omgestoot, kantore se vensters is stukkend gegooi, asblikke is omgegooi en vuur is by die ingang gemaak. Taxi-bestuurders het Wolmaransstraat en Nelson Mandelaweg afgesper en vuur in die straat gemaak.

Inwoners van uitbreiding 6 en 12 betoog oor dienslewering en eis dat die munispale bestuurder en die burgemeester moet bedank. “Daar is geen kommunikasie tussen die stadsraad en die gemeenskap nie. Die raadslede verryk hulleself en misbruik die belastingbetaler se geld, terwyl ons inwoners moet kripeer! Kontrakteurs word aangewys en voltooi nie hulle werk nie. Uitbreiding 6 sit al vir jare sonder toilette,” sê Pappas Khwaza kwaad.

Die polisie en sekuriteitsdienste was op die toneel om te keer dat die betogers nie verder skade aan die omliggende besighede aanrig nie.

Verkeer van en na die N12 wat deur die stad loop is deur die betoging beinvloed.

Alle vergaderings by die munisipale gebou was Donderdag gekanseleer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button