
In hierdie 21-dae van inperking periode het Potchefstromers gewys dat hulle op allerhande kreatiewe maniere besig kan bly.
Ansonette Werkman het ‘n oulike video vir die Herald gestuur van hoe haar tieners en kat ‘n “kompetisie” hou.
“Met ‘n bietjie “spaar” toiletpapier, kreatiewe tieners en ons Saartjie kat het ons hierdie vanoggend gedoen.”: (Kyk die video hieronder)
Daleen Ferreira hou haar dogters besig met ‘n interaktiewe whatsappgroep waar daar op verskillende tema’s gefokus word en allerhande interessantehede met hul maats gedeel word. Sodoende bly die maatjies steeds in kontak met mekaar.

“Ons het ‘n Whatsapp-groepie gestig vir ons dogtertjies om pret te hê en in kontak te bly. Hulle is tussen 2 en 8 jaar oud. Elke tweede weeksdag het ons ‘n tema hoe hulle moet aantrek, dan stuur hulle foto’s, stemboodskappe en video’s vir mekaar. Ons het reeds Crazy Hair Day en Princess Day gedoen. Woensdag doen ons Snapchat, dan gaan elkeen 5 van hul gunsteling foto’s kies en op die groep plaas.”



