
Beeld berig dat die verbod op die koop en verkoop van alle tabakprodukte is steeds van krag.
Dit is deur ‘n woordvoerder van die departement van handel en nywerheid gister (1 April) bevestig.
Sigarette, los tabak en selfs die vloeistof wat in e-sigarette gebruik word kan nie tydens die staat van inperking verkoop word nie.
Die Herald het gister verskeie winkels in Potchefstroom besoek maar nie een supermark het sigarette verkoop nie.
Volgens Beeld het die departement van handel en nywerheid bevestig dat daar geen plan is om die verbod te lig nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



