News

130 Miljoen liter se bier gered

Regering en SAB bereik ooreenkoms

Danksy ‘n ooreenkoms wat die Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB) met die regering bereik het, is 130 miljoen liter bier nou nie meer verlore nie.

Volgens die ooreenkoms kan die SAB nou wel sy verpakte voorraad bier van sy brouerye na sy stoorplek vervoer. Verlede week is gesê dat dié bier weggegooi sal moet word as dit nie vinnig  vervoer kon word nie.

Die bier sal  in die komende weke vervoer word.

Die probleem met die bier het gekom nadat die brouproses al voor die inperking begin het, en die bier nou gereed was om vervoer te word, maar met die huidige inperkingsregulasies is dit nie moontlik om alkohol te versprei of te verkoop nie.

Gevolglik sou dit beteken het dat die bier letterlik weggegooi sou moes word wat ‘n verlies van R150 miljoen sou wees. Ook die regering sou R500 miljoen verloor aan aksynsbelasting op die bier wat eers betaal word as dit verpak is.

SAB het vroeër ook gewaarsku dat sou die bier weggegooi moes word dit nie net skade vir die omgewing sou beteken nie, maar ook duisende werksverliese veroorsaak het in die verspreidingsketting.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button