Drink hier koffie op Mandeladag en skenk R5 aan NG Welsyn
Agt koffiewinkels in Potchefstroom nooi die publiek om Saterdag, 18 Julie by hulle koffie te drink en ‘n R5 skenking aan NG Welsyn te maak.
Agt koffiewinkels in Potchefstroom nooi die publiek om Saterdag, 18 Julie by hulle koffie te drink en ‘n R5 skenking aan NG Welsyn te maak.
Dié fondsinsameling word Cuppa 4 Mandela genoem. Didi Potgieter, bekende liefdesromanskrywer van Potchefstroom, het ook ingestem om die “brulkommandant” vir Cuppa 4 Mandela te wees. Koffie (naas wyn, natuurlik) is beslis haar gunstelingdrankie.
NG Welsyn het ‘n “celebrity crush” op Didi, want sy glo in die liefde. Sy is die bekende skrywer van 11 Romanza-boeke en drie kortverhale en noem haarself op haar Instagram ‘n boekwurm, skrywer en koffiepot. “Dis selde dat onse Didi haarself sonder ‘n stomende beker koffie bevind om die woorde oor die sleutelbord te laat vloei,” sê Marizanne Grobbelaar, skakelbeampte van NG Welsyn.
Didi nooi almal uit om ‘n koppie koffie te kry by enige van die deelnemende koffiewinkels en by haar op een van haar aanlyn sitkamers op sosiale media te kuier. Klop aan op Instagram by @didi_potgieter, op Facebook by Didi Potgieter – Skrywer of op haar webtuiste: www.didipotgieter.co.za.
Die koffiewinkels wat deelneem aan “Cuppa 4 Mandela” is as volg: Cuppa Café, Toro (Van der Hoff), Pesto by Môredou, Friends Forever, BeautyatBeaute, Multa Coffee, The Daily Coffee Café Potchefstroom en Provence Padstal.



