Local newsNewsNews

VIDEO: Man vas na hy in kompleks betrap word

'n Man is Vrydagaand (4 September) in hegtenis geneem nadat hy by 'n kompleks op die Bult betrap is. 

‘n Man is Vrydagaand (4 September) in hegtenis geneem nadat hy by ‘n kompleks op die Bult betrap is. Volgens Kiewiet van Zyl, Hoof operasionele beampte van die CID, het kamera-moniteerders opgemerk hoe ʼn man oor die muur van ʼn kompleks in Molenstraat klim. “Gewapende reaksie is gestuur en het die man binne die kompleks betrap. Uit die gepaardgaande beeldmateriaal is dit baie duidelik dat die man kwade bedoelings het en het die flinke reaksie op die kamera-monitering hom in sy spore gestop,” het Van Zyl gesê. Mooirivier Beskerming wat die kameras vir die CID beman het die verdagte aan die polisie oorhandig waarna hulle hom in hegtenis geneem het. “Welgedaan aan almal betrokke. So maak ons stuk vir stuk en geval vir geval ʼn proaktiewe verskil,” het van Zyl gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button