NewsNewsRegional News

Man vas na hy met ma se kop betrap is

Die polisie het Saterdagaand (12 September) 'n 25-jarige man by die Montshiwastad nedersetting naby, Mahikeng in hegtenis geneem.

Die polisie het Saterdagaand (12 September) ‘n 25-jarige man by die Montshiwastad nedersetting naby, Mahikeng in hegtenis geneem. Dit nadat sy ma se kop in ‘n sak by hom gevind is.

Volgens Brigadier Sabata Mokgwabone, provinsiale woordvoerder, het lede van die blitspatrollie op inligting dat die man glo ‘n kop by hom dra gereageer.

Met aankoms het die polisie die man deursoek waarna die kop in ‘n sak gevind is.

“Die verdagte het na bewering erken dat hy, sy ma op Maandag (7 September) in Pretoria vermoor het. Die motief vir die moord is nog onbekend. Hy sal na verwagting na Pretoria oorgeplaas word waar hy ‘n klag van moord in die gesig staar,” het Mokgwabone gesĂȘ.

Die provinsiale kommisaris, Lt. Gen. Sello Kwena het die flink optrede van die beamptes wat na die man se in hegtnisname gelei het, toegejuig.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button