Local newsNewsNews

Baba dogtertjie lewendig in vlakgraf gevind

'n Pasgebore baba dogtertjie is vanoggend (16 September) lewendig in 'n vlakgraf naby Greenfields in Ikageng gevind. 

‘n Pasgebore baba dogtertjie is vanoggend (16 September) lewendig in ‘n vlakgraf naby Greenfields in Ikageng gevind. Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het verbygangers die baba hoor huil. “Die baba is deur lede van die gemeenskap in die vlakgraf gevind wat met ‘n paar klippe toegepak was waarna hulle paramedici gekontak het,” het Meiring gesê. Paramedici het omstreeks 07:00 op die toneel gekom waar ‘n jong vrou besig was om na die baba om te sien. “Sy het wonde aan haar arm opgedoen en het aan hipotermie gely,” het Meiring gesê. Die dogtertjie is geleidelik warm gemaak waarna sy na ‘n plaaslike hospitaal geneem is vir verdere behandeling. Plaaslike owerhede was op die toneel om verder ondersoek in te stel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button