NewsNewsRegional News

Tiener vas na moord op kleuter

'n 16-jarige seun het vandag (22 September) in die Bloemhof landroshof verskyn op aanklagte van moord op 'n vier-jarige dogtertjie. 

‘n 16-jarige seun het vandag (22 September) in die Bloemhof landroshof verskyn op aanklagte van moord op ‘n vier-jarige dogtertjie.

Volgens Brigadier Sabata Mokgwabone is hy gister (21 September) in hegtenis geneem.

“Hy is deur ‘n plaaslike pastoor aan die polisie oorhandig nadat hy glo erken het dat hy ‘n jong dogtertjie vermoor het, en haar lyk in die bosse naby Boitumelong gelos het. Die ondersoek duur voort,” het Mokgwabone gesê.

Die vier-jarige dogtertjie is Sondagmiddag as vermis aangemeld. Volgens Mokgwabone het sy saam met ander kinders buite haar ouers se huis gespeel toe sy weg geraak het. Inligting is later ontvang dat sy saam met ‘n man langs die N12 naby Boitumelong gesien is.

Die tiener sal na verwagting weer op 14 Oktober in die hof verskyn. Hy bly in aanhouding.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button