Local newsNewsNews

Drie vas na moord op Sias Willemse

‘n Dag nadat die as van Sias Willemse op sy plaas gestrooi is, is drie verdagtes vir sy moord in hegtenis geneem. Een van die verdagtes was ʼn vorige werknemer van Willemse.

‘n Dag nadat die as van Sias Willemse op sy plaas gestrooi is, is drie verdagtes vir sy moord in hegtenis geneem. Een van die verdagtes was ʼn vorige werknemer van Willemse.

Volgens kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder van die Noordwes, is twee mans, onderskeidelik 25 en 28 jaar oud asook ‘n 19-jarige vrou Saterdagmiddag (3 Oktober) om 16:00 in Ikageng gearresteer. Myburgh sê die polisie het op inligting gereageer wat hulle van die publiek ontvang het. Lede van die polisie se speurtak, die dwelmtaakspan en drie sekuriteitsmaatskappye was by die arrestasie betrokke. Besittings van die Willemse is in die verdagtes se besit gevind.

Volgens Myburgh sal die drie verdagtes Maandag in die Potchefstroomse Landdroshof verskyn.

Volgens Tobianna Willemse, Sias se vrou, was die verdagte ongeveer vier jaar gelede ʼn werknemer van Sias en het hy verlede jaar ook vir ʼn paar maande vir Stephan Willemse, Sias se broerskind, op die naburige plaas gewerk.

Lynné Snyman, Sias se dogter, sê ook die familie is baie dankbaar vir onder meer ao. Kevin Pretorius se uitstekende speurwerk. “Alle eer aan die polisie vir hulle professionele optrede. Ongelukkig neem dit nie ons hartseer weg nie, want dit kan nie my pa terugbring nie”, sê Lynné.

Sias Willemse, ʼn bekende in sportkringe in Potchefstroom, is Dinsdag, 22 September in sy huis vermoor. Hy is in die studeerkamer met drie dasse om sy nek en ‘n skietwond aan sy keel gevind. Behalwe vir ʼn relatiewe klein bedrag geld wat uit sy kluis gesteel is, is niks verder uit die huis gesteel nie. Selfs sy gewere was steeds in die kluis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button