Tiener meisie vermis
‘n 16-jarige meisie se ouers is van gistermiddag af opsoek na hulle dogter. Volgens Jaco Jansen, Bianca Jansen se pa is sy omstreeks 16:00 gistermiddag (06 Oktober) in die omgewing van die Vyfhoek kleinhoewes, waar die gesin woon, gesien. “Daar was niks fout, gisteroggend toe ek haar gesien het nie. Sy moes vandag (07 Oktober) …
‘n 16-jarige meisie se ouers is van gistermiddag af opsoek na hulle dogter.
Volgens Jaco Jansen, Bianca Jansen se pa is sy omstreeks 16:00 gistermiddag (06 Oktober) in die omgewing van die Vyfhoek kleinhoewes, waar die gesin woon, gesien.
“Daar was niks fout, gisteroggend toe ek haar gesien het nie. Sy moes vandag (07 Oktober) nog ‘n wiskunde toets skryf waarvoor sy saam met ‘n vriendin wat naby ons woon gaan voorberei het,” het Jaco gesê.
Volgens Anè van Onselen, raadslid van wyk 3, het verskeie inwoners sowel as die polisie reeds begin help met die soektog na Bianca Jansen.
“Haar foto is by verskeie plekke versprei sodat as iemand haar sien dat hulle die familie kan kontak.
Enige iemand wat meer inligting het oor waar Bianca haarself bevind kan haar pa Jaco, by 060 695 9878 of vir AO du Plessis by 082 334 7365 skakel.




