CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Sluit aan by AfriForum se Potch mooimaaksessie

“Woorde wek, maar voorbeelde trek,” lui die Afrikaanse spreekwoord. Dit is presies wat AfriForum van 10 tot 17 Oktober in Potchefstroom wil doen – lede wil wys dat hulle omgee vir hulle omgewing deur Potchefstroom skoner en mooier te maak.

“Woorde wek, maar voorbeelde trek,” lui die Afrikaanse spreekwoord. Dit is presies wat AfriForum van 10 tot 17 Oktober in Potchefstroom wil doen – lede wil wys dat hulle omgee vir hulle omgewing deur Potchefstroom skoner en mooier te maak. Hulle maak skoon, herstel, plant, verf en inspireer. Selfs die leier van AfriForum, Kallie Kriel, woon Saterdag, 10 Oktober se skoonmaaksessie in Potchefstroom by. Inwoners wat wil betrokke raak, kan Leanie van Ronge by 072 314 1774 skakel. Die program word as volg uiteengesit:

10 Oktober
Die tak maak die park oorkant die gholfbaan se ingang skoon.
10-17 Oktober
Buurtwag patrolleer die dorp.
12-16 Oktober
Die tak vul slaggate in verskeie woonareas.
13-15 Oktober
Die tak verf die stopstrate se strepe, vervang die stoptekens en verf die middelmannetjies.
12 en 16 Oktober
*Die tak samel ongewenste en oortollige items in vir Solidariteit Helpende Hand se Ons Winkel Potchefstroom.
*Watertoetse word op verskeie punte in Potchefstroom gedoen as deel van die blou-en-groen-druppelprojek.
15 Oktober
*Die AfriForum Jeug-tak help om by die President Pretoriusmuseum skoon te maak.
*Willie Spies (Hurter Spies Ing.) besoek Potchefstroom. Die tema van praatjie is: “Die toekoms wat ons toekom.”
17 Oktober
Die tak plant verskeie bome in Potchefstroom in samewerking met die JB Marks Munisipaliteit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button