Polisie wat lieg oor k-woord se vonnisverrigtinge begin
twee polisiebeamptes van Klerksdorp wat in Junie skuldig bevind is aan crimen injuria, regsverydeling en meineed se vonnisverrigtinge begin vandag

Netwerk24 berig dat twee polisiebeamptes van Klerksdorp wat in Junie skuldig bevind is aan crimen injuria, regsverydeling en meineed se vonnisverrigtinge begin vandag (21 Oktober).
Adjudant-offisiere Sedia Tikoe en Chris Mphana het ‘n kollega lt.kol. Annemarie Oosthuizen valslik daarvan beskuldig dat sy hulle die k-woord toegesnou het. Die klag teen Oosthuizen is ingedien nadat sy met tugproses teen die beamptes, oor beweerde werkverwante oortredings begin het.
Oosthuizen is tydens ‘n tugverhoor onskuldig bevind nadat Elizabeth Sechele, ‘n intern by die stasie getuig het dat sy gehoor het hoe die beamptes vir Oosthuizen valslik beskuldig. Sechele het ook in die strafsaak teen die beamptes getuig.
Netwerk24 berig dat volgens Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, werk beide Tikoe en Mphana steeds vir die polisie maar tugprosesse teen hulle oor besluit sal wees sodra hulle gevonnis is.




