NewsNewsSponsored

DA Wyk 5 kandidaat wil beter sekuriteit en dienslewering verseker

Heinricha Hodgson (49), die DA se kandidaat vir Wyk 5, sê dat as sy verkies word, die onderhoud van paaie, parke, water infrastruktuur en onwettige vullisstorting van die kwessies is waarop sy sal fokus.

Heinricha Hodgson (49), die DA se kandidaat vir Wyk 5, sê dat as sy verkies word, die onderhoud van paaie, parke, water infrastruktuur en onwettige vullisstorting van die kwessies is waarop sy sal fokus.
Sy is ‘n moeder, praktiserende prokureur, skuldberader, bemiddelaar in familiereg, beheerliggaamslid en ‘n kommissaris by die plaaslike hof vir klein eise. Sy is ook deel van die Aardklop Nasionale Kunstefees se direksie.
Sy is as die dogter van twee oud-Pukke, toe besig met nagraadse studie, in Nederland gebore waarna haar familie Ciskei toe getrek het toe sy nog baie jonk was. Sy het haar hoërskoolloopbaan aan Potchefstroom Gimnasium voltooi, waarna sy Regte aan die Noordwes-Universiteit studeer het. Sy praktiseer reeds vir baie jare as prokureur by haar praktyk, Heinricha Hodgson Ing.
Menseregte is iets waaroor sy baie passievol is. Sy hoop om haar ervaring en kennis van die reg binne die politieke veld te gebruik om seker te maak almal word regverdig behandel. Die toepassing van die grondwet is iets wat sy met ywer binne die politiek wil bevorder.
Heinricha beskryf haarself as ‘n eerlike, etiese, hardwerkende en toegewyde vrou wat in integriteit glo. Wanneer sy nie werk nie, hou sy daarvan om te oefen en klavier te speel. Sy kyk graag ballet en is mal oor enige iets wat met die kunste te doen het. Sy is ‘n self-erkende perfeksionis, iets wat sy weet een van haar tekortkominge is. Sy vertel dat sy soms te veel tyd aan die kleinste besonderhede spandeer. Deesdae probeer sy haar lewensleuse van “more sal dit beter wees” uitleef.
Sy is verseker van haar sterk punte, vriendelikheid, empatie, sosiale persoonlikheid en haar dryf om ander mense te help. Heinricha waarborg dat as sy verkies word, dat sy alles in haar vermoë sal doen om seker te maak dat inwoners die dienste ontvang wat hulle verdien. Sy staan reg om enige kwessies tot die beste van haar vermoë aan te spreek en terugvoering aan inwoners te gee.
“Die stad is besig om heeltemal te verval. Korrupsie, gebrek aan aanspreeklikheid en algemene veiligheid is ‘n paar van die kwessies wat die stad in die gesig staar. Hierdie is die kwessies wat dadelik moet aandag kry,” sê sy.

* Die tussenverkiesing in Wyk 5 word op 11 November gehou. Inwoners van dé wyk kan by Laerskool M.L. Fick gaan stem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button