NewsNews

Mediclinic Potchefstroom gereed om pasiënte veilig te ontvang

Mediclinic Potchefstroom gee graag aan ons gemeenskap die gerustelling dat die hospitaal al die nodige maatreëls tref om pasiënte veilig te versorg

Mediclinic Potchefstroom gee graag aan ons gemeenskap die gerustelling dat die hospitaal al die nodige maatreëls tref om pasiënte veilig te versorg. Ons het elektiewe chirurgiese prosedures hervat om te sorg dat pasiënte nie noodsaaklike sorg uitstel nie, en ons eenhede het genoeg kapasiteit om diegene wat bystand nodig het, te behandel.

“Ons verstaan dat baie mense miskien noodafdelings by hospitale vermy, of gereelde ondersoeke vir chroniese toestande uitstel. Ons wil graag die breë publiek gerusstel dat hulle nie bekommered hoef te wees om mediese sorg te kry wanneer dit nodig is nie, en dat hulle siftings- en toetsprotokolle kan beskou as ʼn bron van gemoedsrus en dat ons pasiënte se veiligheid ʼn topprioriteit bly,” sê Rayno Crouse, Hospitaalhoofbestuurder van Mediclinic Potchefstroom.

MC Midstream – 06

Hy verduidelik verder, “Ons het siftingsprotokolle ingestel vir pasiënte, personeel en ander persone wat na die hospitaal kom. Ons het aparte COVID19 en nie-COVID19 verwante behandelingsareas om u risiko verder te verminder. Ons personeel is almal toegerus met die nodige persoonlike beskermende toerusting om te verseker dat ons in staat is om al ons pasiënte te versorg, ongeag hul mediese behoeftes. Elke pasiënt word vir die toelatingstydperk van ’n materiaalmasker voorsien as hulle nie hul eie het nie, tensy ’n chirurgiese masker meer gepas is, om die risiko van oordrag verder te verminder.”

Die dienste wat tans beskikbaar is, sluit in noodgevalle, oor-, neus- en keelprosedures, ginekologie en verloskunde, interne medisyne, gesig- en mondchirurgie, onkologie, oftalmologie, ortopediese chirurgie, pediatrie, algemene chirurgie, en urologie.

Mediclinic Potchefstroom is gereed om u veilig te ontvang. Moenie u gesondheid aan verdere risiko blootstel nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button