CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Volkies se geel rok is goud werd

Bekommerde leerlinge en ouers van Hoër Volkskool hoef nie meer te wonder of die geel skooldrag van die meisies uitgefaseer sal word nie.

Bekommerde leerlinge en ouers van Hoër Volkskool hoef nie meer te wonder of die geel skooldrag van die meisies uitgefaseer sal word nie.

Die woordvoerder van Volkies, Elretha Janse van Rensburg, het dit in ‘n amptelike verklaring bevestig: “Na deeglike beraadslaging is daar besluit dat die status quo gehandhaaf word, wat beteken dat die skooluniform bly soos dit is. Dié besluit deur die beheerliggaam, is reeds verlede week in Donderdag bekend gemaak.”

Die besluit dat die skooluniforms van die meisies moet verander, is vroeg in September aangekondig toe die graad 10 tot 12-leerlinge by die skool was. ‘n Anonieme bron het aan die Herald vertel: “Dit was ietwat uit die bloute aangesien die onderwysers en leerlinge nie vooraf oor die planne in kennis gestel is nie.”

Volgens Janse van Rensburg was die beweegrede agter die besluit om die skoolrokke te verander ‘n skrywe wat vanaf die Departement van Onderwys gekom het. Die Departement het versoek dat skole wat verskillende winter- en someruniforms dra, dit moet oorweeg om weens finansiële redes, slegs na een uniform te beweeg.

Janse van Rensburg sê die beheerliggaam het ‘n taakspan saamgestel wat die moontlikheid vir die verandering van die rokke ondersoek het. Nadat ‘n verteenwoordiger van die beheerliggaam met die meisies gesels het, het dit geblyk dat die graad 10 en 11 meisies oorwegend teen die besluit was omdat hulle gevoel het die geel rokke is onlosmaaklik deel van Volkies se karakter.

Die graad agt en nege meisies het egter gemengde gevoelens hieroor gehad. “Daar is ‘n petisie opgetrek waarin die meisies oorwegend teen die verandering was. “Hulle het selfs briewe geskryf om te motiveer waarom die geel rokke nie moet verander nie,” sê die anonieme bron.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button