Genius Landini hou amptelike opening
Genius Landini staan bekend dat hulle van die grootste Meganisasie Masjienerie beskikbaarheid in die land het.

Genius Landini, onder leiding van eienaar Bart Tijssen, het al in Julie ‘n tak in Potchefstroom gevestig.
Alhoewel hulle eers Vrydag (23 Oktober) die tak se amptelike opening kon hou was dit steeds ‘n reuse sukses.
Kyk die foto’s van die opening hier:
Boere van die kontrei het die dag saam met die span geniet. Met uitstallers soos Monotech, Rovic Leers, Agri Alert veediefstal, Prodist, Avant, Absa en Standard Bank om net ‘n paar te noem was daar meer as genoeg om te sien.
Daar was later pryse weggegee. Pryse was geborg deur Argo en van die ander uitstallers.
Bart bedank graag vir Argo wat die invoerder is van al die Landini Produkte en al hulle handelaars omdat hulle Genius Landini se grootste rugsteun is.
GENUIS LANDINI staan bekend dat hulle van die grootste Meganisasie Masjienerie beskikbaarheid in die land het.
Bart en sy gesin bedank ook almal wat hard gewerk het om hierdie dag moontlik te maak en dit as ‘n suksesvolle projek deurgetrek het.
Volgens Bart het hy die besigheid in 2006 saam met sy broer, Evert op ’n kleinhoewe in Tarlton oopgemaak.
“Ons was albei in die boerdery bedryf, in en uitvoere van masjiene en opbou van tweede handse trekkers. Die vraag na tweedehandse trekkers het so gegroei dat dit vir ons deure oop gemaak het om ‘n nuwe handelaars tak met Landini te begin. Met ondervinding in landbou en in landbou toerusting, het ek en my broer besluit om saam ’n tak op Tarlton oop te maak. My broer is ’n kort rukkie gelede oorlede, maar sy droom was al jare om ’n tak in Potch te begin,” vertel Bart.
Die besigheid het sedert toe gegroei na drie verskillende takke, die een in Tarlton, in Brits en die toevoeging in Potchefstroom. Met 15 jaar se ondervinding in die bedryf sal Genius Landini Boere met baie goeie advies kan bystaan wanneer dit by die koop van trekkers en implemente kom. “Ons beskik oor ’n volledige werkswinkel asook onderdele van masjiene tot trekkers. Ons het ook Baaltou, Baalnet en hooitoerusting beskikbaar,” verduidelik Bart. Genius Landini bied ook ’n interessante velddiens aan hulle kliënte. Dienste en klein herstelwerk kom doen hulle sommer in die veld by jou.
“Kliëntediens en kliënte gelukkigheid is vir ons baie belangrik. Dit is ons eerste prioriteit.”
Bart het 3 Seuns en een dogter wat ook saam met hom in die besigheid werksaam is.
Ons verkoop nie net produkte nie maar ons dra die belange van ons klënte op die hart,” verduidelik Bart. Hy spreek groot dank uit teenoor al sy personeel by al drie die takke. Sonder hulle toewyding en lojaliteit sou dit onmoontlik gewees het en bedank hy hulle ook vir hulle harde werk.















































