CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Uitspraak op verslapping van borgvoorwaardes later gelewer

Die drie munisipale amptenare van die JB Marks munisipaliteit, onder wie die burgemeester, wat vir vermeende bedrog en diefstal aangekla word, se uitspraak op hul aansoek om hul borgvoorwaardes te verslap, word eers op Dinsdag, 12 Januarie in die Potchefstroomse Landdroshof gelewer.

Die drie munisipale amptenare van die JB Marks munisipaliteit, onder wie die burgemeester, wat vir vermeende bedrog en diefstal aangekla word, se uitspraak op hul aansoek om hul borgvoorwaardes te verslap, word eers op Dinsdag, 12 Januarie in die Potchefstroomse Landdroshof gelewer. So sê Henry Mamothame, ʼn woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in die Noordwes.

Die Valke het Kgotso Khumalo (uitvoerende burgemeester van JB Marks), Cyril Henry (direkteur van munisipale dienste en plaaslike ekonomiese ontwikkeling) en Mohau Shuping (opsigter van rekreasie en sportfasiliteite) in Oktober in hegtenis geneem op aanklagte van vermeende diefstal en bedrog wat met  ʼn munisipale trustfonds verband hou. Die drie se borgvoorwaardes stipuleer dat hulle nie die hoofgebou (Dan Tloome-gebou) mag betree of kontak met die getuies in die hofsaak sal maak nie. Hulle het intussen aansoek gedoen dat hulle borgvoorwaardes verslap word om weer toegang tot die hoofgebou te verkry.

nwu afr

Volgens Momathame het die staat gister (29 Desember) in die Potchefstroomse Landdroshof die aansoek teengestaan gebaseer op die feit dat die munisipaliteit onder administrasie is en die beskuldiges nie hulle werk hoef voort te sit nie. “Die Nasionale Vervolgingsgesag glo ook dat hulle toegang tot die hoofgebou die saak in gevaar sal stel omdat hulle kan probeer om die staatsgetuies te beïnvloed, sê hy.

Volgens Chris Hattingh, DA-raadslid van die JB Marks munisipaliteit, wil Khumalo toegang tot die gebou hê sodat hy raadsvergaderings kan bywoon. Shuping voer ook aan dat hy nie sy werk kan doen indien hy nie toegang tot die gebou het nie. Dit ten spyte van die feit dat beide Shuping en Henry op 17 November deur die munisipale bestuurder geskors is. “Shuping het intussen sover gegaan om ʼn Hooggeregshof aansoek in te dien om sy skorsing op te hef, maar het op 10 Desember sy aansoek weer teruggetrek”, sê Hattingh.

Volgens Hattingh hoef Henry ook nie meer die hoofgebou te besoek nie, omdat sy vyf jaar dienskontrak by die munisipaliteit op 31 Januarie tot ʼn einde kom.

Die hofsaak waarin Khumalo, Henry en Shuping aangekla word, word in Februarie voorgesit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button