EntertainmentNewsNews

Droëbek op Oujaarsaand? Maak jou eie alkohollose vonkelwyn!

Ons gee 'n maklike resep om sommer jou eie vonkelwyn (sonder alkohol) te maak wat presies soos die ware Jacob lyk.

Lê dit in die goue kleur of die vrolike, glinsterende borrels wat vonkelwyn so spesiaal maak? Helaas kan ons nie eens die nuwe jaar met hierdie vrolike nektar vier nie, want ons is terug op vlak drie inperking en Suid-Afrikaners mag nie drank koop of vervoer nie.

Gelukkig is daar oulike resepte om sommer jou eie borreltjie te maak wat presies soos die ware Jacob lyk. Die smaak sal dalk nie jou hare terugwaai soos die ware Jacob nie, maar daar is beslis meer voordele daarin om die alkoholvrye weergawe te probeer.

Appletizer, gemmerlim (ginger ale) en kersies. Om ‘fancy’ te wees, voeg ‘n vruggie by. Foto: Venessa van der Westhuizen

Daar bestaan verskeie “Mock Champagne” resepte en die een wat die maklikste is om te aanmekaar te slaan, het net twee bestanddele nodig – Appletizer en gemmerlim (ginger ale in Engels). Let wel, gemmerlim en gemmerbier is nie dieselfde nie. Gemmerlim het ‘n goue, deurskynende kleur. Om verder ‘fancy’ te wees kan jy sommer ʼn kersie, aarbei of framboos in die glas gooi.

Die metode is maklik. Meng dieselfde hoeveelhede Appletizer en gemmerlim in ʼn glas en voeg die spoggerige vruggie by – Et Voilà!  

nwu afr

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button