NewsNewsPhoto GalleriesSchoolSchools

Tiener slaag Teologie-graad met lof

Wys voor sy tyd. Dit is die beste manier om vir CJ van Niekerk, ‘n matriekleerling van Volkies, te beskryf. Die besonderse tiener het vanjaar ‘n Teologie-kursus van vyf jaar in drie jaar voltooi nog voordat hy met matriek begin het.

Wys voor sy tyd. Dit is die beste manier om vir CJ van Niekerk, ‘n matriekleerling van Volkies, te beskryf. Die besonderse tiener het vanjaar ‘n Teologie-kursus van vyf jaar in drie jaar voltooi nog voordat hy met matriek begin het.
Volgens hom het hy eendag ‘n Bybel langs ‘n asdrom by die skool raakgesien. “Ek het dit opgetel en die eerste vers wat my aandag getrek het, was 1 Timoteus 4:12: “Jy is jonk, maar niemand moet dink daarom is jy nie belangrik nie. Nee, jy moet vir die gelowiges wys hoe hulle moet lewe.”
Alhoewel hy lank besin het oor die besluit om op so ‘n jong ouderdom ‘n graad aan te pak, vertel hy dat hy twee bevestigings gekry het dat hy dit moet doen.
“Ek het ‘n keuringstoets met 100% geslaag en daarna het iemand van die universiteit my uit die bloute gebel en gesê dat al my studiegeld gedek is,” vertel hy.
Hy het in Gr.9 met sy studies aan die Emmanuel-Universiteit van Pretoria begin en vroeg vanjaar het hy dit voltooi. Hy het die graad met 98% verwerf, dit alles terwyl hy nog aan sy ander skoolwerk ook moes aandag gee.
Die vraag natuurlik op almal se lippe is hoe het hy dit reggekry?
“Ek het die laaste drie jaar nie veel van ‘n sosiale lewe gehad nie. Ek het nie baie sokkies bygewoon nie omdat ek geweet het ek het ‘n taak om te voltooi. Ek het alles gegee. My ouers het my ook baie ondersteun en was ook maar streng as dit by my akademie kom,” vertel hy. Op 15-jarige ouderdom het hy reeds sy eerste preek gelewer. “Intussen het ek al so rofweg 30 keer gepreek, maar ek sal nooit die eerste preek vergeet nie,” sê hy.
CJ is van plan om hierdie jaar weer alles in sy akademie tydens sy matriek in te sit. Hy wil graag volgende jaar medies studeer.
“Ek wil by ‘n organisasie soos die Rooikruis betrokke raak. Daar waar mense dalk geen hoop het nie, wil ek gaan help. Ek wil mense fisies en geestelik kan genees,” verduidelik hy.
Tog is dit nie net leer vir CJ nie. Hy speel ook klavier en klawerbord in sy vrye tyd.
“Gryp jou drome aan, doen wat jy wil maar maak seker dat jy baie goed beplan. Jy hoef nie grys te wees om wys te wees nie,” is die boodskap wat CJ aan ander wil gee.

Related Articles

 
Back to top button