CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Gewapende roof by winkelsentrum

‘n Gewapende roof het vanoggend (29 Maart) omstreeks 09:00 by die River Walk winkelsentrum plaasgevind.

‘n Gewapende roof het vanoggend (29 Maart) omstreeks 09:00 by die River Walk winkelsentrum plaasgevind.

Volgens kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder van die Noordwes, het drie rowers die werkers van Pep Stores oorrompel en met selfone en kontant wat hulle van die winkel gesteel het, gevlug. Een van die rowers het ʼn vuurwapen gehad. Op daardie stadium was daar nog nie kliënte in die winkel nie.

ʼn Saak van besigheidsroof word ondersoek. Niemand is nog met die voorval in hegtenis geneem nie. Enige iemand wat meer inligting rondom die saak kan verskaf, kan die polisie by 10111 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button