CommunityNewsNewsPhoto Galleries
Treinstasie brand: oorsaak kan nie bepaal word
Die forensiese spesialiste wat die oorsaak van die brand by die historiese stasiegebou in Piet Bosmanstraat ondersoek het, kon nie bepaal wat die brand veroorsaak het nie.

Die forensiese spesialiste wat die oorsaak van die brand by die historiese stasiegebou in Piet Bosmanstraat ondersoek het, kon nie bepaal wat die brand veroorsaak het nie. So sê kol. Adéle Myburgh, kommunikasiewoordvoerder van die polisie in die Noordwes.
Die brand het verlede jaar op Saterdagaand, 19 September uitgebreek en die pragtige gebou wat in 1919 opgerig is heeltemal vernietig. Die gebou was as ‘n nasionale gedenkwaardigheid geklassifiseer.
“Hoewel daar inwoners is wat bespiegel dat die brand gestig is, kan brandstigting nie bewys word nie,” het kol. Myburgh nou bevestig.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.