NewsNews

Likkewaan skrop nes in Hoffmanstraat

'n Likkewaan het homself in Hoffmanstraat tuis gemaak. 

‘n Likkewaan het homself in Hoffmanstraat tuis gemaak.

Volgens Trudie Botha, eienaar van Electro sekuriteit, is die reptiel gewaar by ‘n kompleks waar diè firma wagdiens doen.

Volgens haar spook hulle al sedert gister (13 April) om die dier gevang te kry.

“Natuurbewaring gaan iemand stuur. Ons glo hy het ‘n gat daar,” het Botha verduidelik.

In Suid-Afrika kom daar net 2 spesies voor, naamlik die water- of nyllikkewaan (Varanus niloticus) en die berg- of kliplikkewaan (Varanus albigularis). Die nyllikkewaan kom oor die hele land naby water voor.

Hy kan tot ‘n uur lank onder die water bly en leef hoofsaaklik van mosselskrappe en krokodileiers, maar ook van enige ander klein lewende diere. Pasgebore nyllikkewane is ongeveer 23 cm lank en volwasse diere bereik ‘n lengte van 1,8 tot 2 m. Die kliplikkewaan (Varanus albigularis) is kleiner as die nyllikkewaan (1,2 m) en kom hoofsaaklik in die savannes en oop bosveldgebiede voor, en word selde by water aangetref.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button