Inwoners in Beyers Naudelaan het hulle mismoedigheid oor die slaggate in die pad op ‘n unieke manier uitgebeeld.
‘n Boom is onlangs in een van die talle slaggate in die straat geplant, wat wys net hoe diep hierdie slaggate is en watter gevaar dit vir motoriste inhou.

Die boom is nou nog ‘n groter struikelblok in die pad, veral in die aand waar inwoners of bestuurders wat nie Potch se strate ken nie, heel moontlik teen die boom kan vasry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



