NewsNews

Oorledenes van skietvoorval lede van taxivereniging

Volgens Kapt. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder, is die motief vir Maandagaand (7 Junie) se skietery is Orkney nog nie bekend nie maar voorlopige ondersoek wys dat die drie oorledenes lede van 'n lang afstand taxivereniging is.

Volgens Kapt. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder, is die motief vir Maandagaand (7 Junie) se skietery is Orkney nog nie bekend nie maar voorlopige ondersoek wys dat die drie oorledenes lede van ‘n lang afstand taxivereniging is.

Die polisie in Orkney is besig om drie sake van moord en ses van poging tot moord te ondersoek. Dit na ‘n skietvoorval wat gisteraand (7 Junie) omstreeks 19: 00 in Orkney plaasgevind het.

Volgens Kapt. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder, het ‘n bebloede en ernstig beseerde man Maandagaand by die polisiestasie aangekom.

“Die slagoffer het aan polisiebeamptes vertel dat hy by ‘n vulstasie geskiet is,” het Tselanyane gesê. Volgens Tselanyane het daar glo ‘n wit bakkie met drie insittendes langs ‘n Fortuner met vier insittendes by die vulstasie gestop.

Kort daarna het die insittendes van die bakkie op die groep in die Fortuner begin skiet. “Drie mense in die Fortuner is dood en een ander persoon is ernstig beseer. Vyf omstanders is ook ernstig beseer.

Die beseerdes, is hospitaal toe geneem vir verdere behandeling,” het Tselanyane gesê. Die polisie maan enige iemand met inligting oor die voorval om vir sers. Paul Ompie van die georganiseerde missdaadeenheid by 076 529 5025 te skakel. https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/88424/drie-dood-na-skietery-in-orkney/  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button