
‘n Man is vanoggend (29 Junie) deur die polisie ondervra oor die moord van ‘n 23-jarige vrou wie se lyk in Reitzstraat gevind was.
Kaptein Aafje Bothma, polisiewoordvoerder, het bevestig dat ‘n saak van moord ondersoek word. Volgens haar is die vrou met ‘n mes in die nek gesteek waaarna sy dood is.
“Nog niemand is tot dusver aangekla nie, maar daar is iemand in gebring vir ondervraging,” het Bothma gesê.
Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het hulle vanoggend omstreeks 07:00 op kringtelevisie beeldmateriaal gesien hoe ‘n vrou in Reitzstraat neer val en bly lê.
“Ons het na die toneel reageer waarna ER24 die vrou dood op die toneel verklaar het. Ons het die polisie in kennis gestel waarna ons ander kameras in die area na gegaan het,” het Haefele gesê.
Met die nagaan van nog kameras in die area kon ‘n beskrywing van ‘n moontlike verdagte aan die polisie gegee word.




