CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Kunstenaar se gedenkuitstalling uitgestel

Die gedenkuitstalling van die ontslape kunstenaar, Hennie Kruger sou Donderdag, 29 Julie by die Snowflake-gebou open, maar word nou weens tegniese reëlings na Dinsdag, 10 Augustus uitgestel.

Die gedenkuitstalling van die ontslape kunstenaar, Hennie Kruger (30 Augustus 1954 – 24 Mei 2021) sou Donderdag, 29 Julie by die Snowflake-gebou open, maar word nou weens tegniese reëlings na Dinsdag, 10 Augustus uitgestel.

Die amptelike openingsgeleentheid vind dieselfde aand om 18:00 plaas. Kunswerke van Kruger uit sy eie versameling, asook werke in privaatversamelings word uitgestal.

Galery-ure by die Snowflake-gebou is weeksdae van 7:00 – 18:00 en Saterdae van 9:00 – 18:00. Die galery en koffiewinkel is Sondae gesluit.

Die uitstalling duur tot 4 September. Vir verdere navrae stuur ‘n e-pos na potchkuns@gmail.com. Kruger was ‘n bekende kunstenaar van Potchefstroom en oud-kunsonderwyser van Volkies.

Wyle Hennie Kruger

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button