NewsNews

Brand by weermag onder beheer

Dik, swart rookwolke wat in die lug bo 'n stoor van die weermagbasis in Potchefstroom geborrel het, het die publiek vanoggend (12 Augustus) effens benoud gehad.

Dik, swart rookwolke wat in die lug bo ‘n stoor van die weermagbasis in Potchefstroom geborrel het, het die publiek vanoggend (12 Augustus) effens benoud gehad. Volgens ‘n weermaglid wat op die toneel was, het die vuur tussen droë gras op die sypaadjie in Meyerstraat ontstaan en met die kwaai wind het dit vinnig binne-in die weermagbasis versprei. Hy het bevestig dat niemand besig was om voorbrande te maak nie.

Die vuur het tot naby ‘n algemene stoor gebrand wat onder meer die kamptoerusting van die weermag huisves.  Buite die stoor was ou bande opgestapel en die vuur het die bande aan die brand gesteek. Gelukkig was die weermag en die dorp se brandweer asook brandbestrydingsvoertuie van ALS vinnig op die toneel om die brand te blus. Die vuur het gelukkig geen skade aangerig nie en niemand is in die voorval beseer nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button