Finalis in skoon-heidskompetisie ondersteun vroueregte
Ané Potgieter (16), ‘n leerling van Gimmies, het deurgedring na die finale rondte van die Miss Regal International Teens South Africa 2021.
Ané Potgieter (16), ‘n leerling van Gimmies, het deurgedring na die finale rondte van die Miss Regal International Teens South Africa 2021.
Dié mooi, lang en lenige tiener is die enigste kandidaat wat die kompetisie in die Noordwes Provinsie verteenwoordig en een van 11 finaliste wat tans meeding om die kroon. Die wenner van dié kompetisie moet later internasionaal meeding.
Een van die vereistes vir dié kompetisie is om by sosio-maatskaplike bewusmakingsprojekte betrokke te raak en Ané het besluit om haar ondersteuning aan POWA (People opposing women abuse) te gee.
Dié groep streef daarna om ‘n veilige gemeenskap te vestig wat vrouens en meisies teen alle vorme van geweld beskerm. Vir Ané is dit belangrik dat alle vroue met respek en waardigheid hanteer word en dat hulle in die besigheidswêreld op ‘n gelyke voet met mans moet meeding.
Haar plan is om later ‘n fondsinsamelingsprojek te loods om fondse vir POWA in te samel. “Ek is nie ‘n feminis nie en dink nie vrouens is beter as mans nie. Ek dink net vrouens moet opstaan vir gelyke regte en na vore kom as hul emosioneel en fisies mishandel word. Hulle moet nie hieroor stilbly nie.
POWA het huise wat vrouens en kinders teen geweld beskerm en verskaf ondersteuning wanneer hulle uit hul bose kringloop van geweld wil ontsnap,” sê Ané. Sy beplan om later ‘n ‘colour run’ vir die leerlinge by haar skool aan te bied.
Ané is ‘n leerling van ACE Models en hierdie is die eerste skoonheidskompetisie waaraan sy deelneem. Om te help dat sy genoeg stemme kry, kan vriende haar gerus ondersteun deur vir haar (deelnemer #7) te stem by https://pageantvoteafrica.online/pageants/933. Die kompetisie duur tot 20 Oktober en ondersteuners kan elke dag stem.



