CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Bederf jouself dié Sondag by die Rooy Kosmark

Die mark wat bekend is vir heerlike eet- en drinkgoed, die Rooy Kosmark en kattebakverkoping (Car Boot Sale), vind weer op Sondag, 26 September van 10:00-15:00 by die Van Rooyensaal (Piet Bosmanstraat) plaas.

Die mark wat bekend is vir heerlike eet- en drinkgoed, die Rooy Kosmark en kattebakverkoping (Car Boot Sale), vind weer op Sondag, 26 September van 10:00-15:00 by die Van Rooyensaal (Piet Bosmanstraat) plaas.

Vir die kleinspan is daar gesigverf, ʼn verskeidenheid speletjies, ʼn springkasteel en trapkaskarre om hul besig te hou terwyl ma en pa na hartelus proe.

Wynkenners kan ook nader staan om Klein Roosboom wyn te proe – al die pad van die Dubanville-wynvallei.  Diegene wat ‘n mengeldrankie verkies, sal ook baie opgewonde wees oor die grinadella gin.

Vir die hongeres is heerlike Maleise lamskerrie, tradisionele skaapafval, beesstert met stampmielies, kerrie en rys en outydse lewerkoekies. Daar is selfs vir die vegans heerlike Meksikaanse vegan-disse op die spyskaart.

Indien jy op die uitkyk is vir ʼn spesiale geskenk kan jy rondsnuffel tussen silwer juweliersware, geskenkies vir babas, houtmodelle en kralewerk. Versamelaars van oudhede kan met die kattebakverkoping (Car Boot Sale) dalk ook ‘n verrassing of twee ontdek.

Toegang is gratis. Uitstallers en besoekers is verbind tot Covid-19-protokol. Diegene wat graag nog deel wil wees van die mark en hul produkte of goedere wil verkoop, kan gerus vir Tania by 079 918 2092 kontak. Stuur ʼn epos na hullabaloo.decorhire@gmail.com. Die volgende mark word weer op Sondag, 31 Oktober aangebied.

Tania van Rooyen, ‘n professionele sjef reël die mark al vir die afgelope ses jaar en met die meer as 50 stalletjies sorg sy dat die fynproewer se sintuie behoorlik geprikkel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button