CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Green Team op inheemse missie

Die 'Green Team'  is op 'n  missie met inheemse bome wat hul onlangs in Oewersig langs die Mooirivier geplant het.

Die ‘Green Team’  is op ‘n  missie met inheemse bome wat hul onlangs in Oewersig langs die Mooirivier geplant het. Hulle is ‘n groep NWU studente wat hul beywer om ‘n positiewe impak op die natuur te maak en het altesaam ses vaderlandswilgers, vyf kareebome en een olienhoutboom geplant met ‘n R5000 skenking wat hulle van CTS Brokers ontvang het. ALS en Cyclo DNA het ook implemente verskaf om die gate vir die bome te grawe.

Oewersig is ‘n ‘n pragtige boomryke area al langs die Mooirivier in Van Rooystraat en ‘n gewilde piekniekarea by studente. “Daar is nou min natuurareas waar die publiek kan ontspan met die Dam Ontspanningsoord wat toe is vir die publiek”, sê Mariska Engelbrecht, ‘n lid van die Green Team.

Hoewel die inwoners van dié woonbuurt sorgsaam omsien na hul stukkie klein paradys, is daar uitheemse bome soos sering en Honey Locusts wat baie meer water as inheemse bome gebruik. “Uitheemse bome verander ook die chemiese balans van die grond wat veroorsaak dat plante nie maklik daaronder groei nie”, sê Mariska.

Die Oewersig-buurt stel ‘n goeie voorbeeld met inwoners wat moue oprol om self by hul omgewing betrokke te raak. Volgens prof. Louis du Preez, ‘n bekende padda-navorser wat self in die area bly, het hulle ‘n inwonersvereniging gestig waar almal ‘n maandelikse bydrae lewer om die  buurt te beveilig en die area rondom die rivier skoon te hou. Hulle het inligtingsborde geïnstalleer wat meer oor die voëls, paddas, visse, reptiele en soogdiere vertel wat in die omgewing voorkom. “Dit is so lekker om te sien wanneer jong mense by die inligtingsborde stilstaan om meer oor die diere lees, sê prof. du Preez wat ‘n handjie bygesit het met die boomplantsessie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button