SportSport

Gimmies se eerste netbalspan is SA kampioene

Gimmies klop vir Menlopark twee keer in hulle roete na die bekersege

Potchefstroom Gimnasium se o.19A netbalspan is amptelik as die land se beste skolenetbalspan gekroon nadat hulle die DStv skolenetbalfinaal teen Menlopark met 25-22 op Saterdag, 25 September gewen het.

Hierdie span wat hoofafrigter, Marike Maree, nou al vir ‘n paar jaar afrig deur die ouderdomsgroepe, het soos ‘n netbalmasjien hulle beste spel teen die top skole in die land gelewer.

Gimmies vier hulle oorwinning teen Menlopark in die DStv SA Skolenetbalkampioenskappe finaal. Foto: Verskaf

Die eerste wedstryd in die poel het Gimmies gemaklik met 40-2 gewen, en toe vir die eerste keer teen Menlopark te staan gekom. In hierdie poelwedstryd het Gimmies hulle staal gewys om met 29-23 te wen.

Die laaste wedstryd teen Makgole was eenrigtingverkeer met 47-12. In die kwartfinaal het Gimmies vir Ben Vorster vir Tzaneen met 26-14 gewen, en toe in ‘n spannende half-eindstryd teen Helpmekaar Kollege met slegs een punt gewen (21-20).

Volgens Maree het ‘n paar faktore ‘n rol gespeel in Gimmies se oorwinning, maar die eenheid wat die span het, was beslis een van hul sterkpunte.
“Dit maak ‘n groot verskil, omdat ek as afrigter ‘n verhouding met die kinders bou en hulle my tegnieke al verstaan. Om van graad 8 af tot matriek een span te hou, maak ‘n groot verskil.
“Die meisies het groot opofferings gemaak omdat almal in matriek is en ook rekordeksamen moes skryf. Die tyd wat ons ingesit het was baie effektief en die meisies het hulle koppe reggekry om tot die einde te veg.
“Ons span was ‘n eenheid en God het ons definitief deur hierdie toernooi gedra,” noem Maree.
Gimmies se o.19A wenspan is:
Sunel Smit, Milana van der Merwe, Danielle Groenewald, Jacqueline van Rooyen, Chloé Werkman, Alsuné du Toit en Jeané Visser.
Reserwes: Ilse Roodt, Wiané Joubert, Alécia Nagel (beseer)
Afrigter: Marike Maree
Hulpafrigter: Gerlize de Klerk.

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button