CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Wie verwyder bome uit groen area?

Opslagbome en doringbosse wat vir jare op Erf 2110 in Miederpark gegroei het, is op 13 en 14 Augustus wortel en tak met groot laaigrawe verwyder.

Opslagbome en doringbosse wat vir jare op Erf 2110 in Miederpark gegroei het, is op 13 en 14 Augustus wortel en tak met groot laaigrawe verwyder. Erf 2110 is ‘n groen area in die mees suidelike deel van Miederpark en was onlangs juis in die nuus oor die J.B Marks munisipaliteit se laekoste behuisingsprojek wat vir die park beplan word.

Omgewingsdienste in die Noordwes het amptelik op 25 Augustus hulle goedkeuring vir die beplande ontwikkeling van ‘n woonstelkompleks (insluitend ‘n drieverdieping gebou) gegee en inwoners is tans besig om daarteen te appelleer.

Nou wil die inwoners weet wie die bome en bosse verwyder het, want dis darem al te toevallig dat dit so kort voor die goedkeuring van omgewingsdienste plaasgevind het.

Sommige inwoners glo dit is die ontwikkelaars van die behuisingsprojek, Bokone Social Housing NPC, wat voortydig die park begin skoonmaak. Die Herald het ‘n navraag aan Gert Hooghiemstra, een van die ontwikkelaars van Bokone Social Housing NPC, gerig en wou weet of hulle by die skoonmaak betrokke was, maar sy antwoord was nee. “Ons sal eers begin sodra ons projek se befondsing goedgekeur is,” het hy bevestig.

Die Herald het die munisipaliteit genader om te hoor wie hierby betrokke was en wou weet watter kontrakteur vir die verwydering van die opslagbome verantwoordelik was. William Maphosa, munisipale woordvoerder, het in ‘n verklaring geantwoord dat die munisipaliteit se parke-afdeling opdrag gegee het vir ‘n kontrakteur om die bosse te verwyder.

“Die skoonmaak van doringbosse by die onontwikkelde park wat deur Louw-, Kiepersol, Palmstraat en Geelhoutlaan omring word, is gedoen om die veiligheid en sekuriteit van die buurt te verbeter. Dit het absoluut niks met die voorgenome behuisingskema van die munisipaliteit te doen nie. Die TLB-masjiene is gebruik om die wortels van die bosse te verwyder sodat dit nie weer kan groei nie,” sê Maphosa. Hy het egter nie die naam van die kontrakteur gegee wat vir die verwydering van die bome verantwoordelik was nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button