CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Promosa se wyses vereer vir hul bydrae tot erfenis

‘n Groep ouer mense van Jakaranda-woonstelle in Promosa is onlangs met ‘n braai bederf om hulle erfenis te vier.

‘n Groep ouer mense van Jakaranda-woonstelle in Promosa is onlangs met ‘n braai bederf om hulle erfenis te vier.

Glenville Fransman, sy familie en DA-kollegas het die voorbereidings vir die heerlike oggend saam behartig. Fransman onthou nog hoe sy skoonpa, wyle Dolf Willemse, die ouer mense altyd met die grootste respek hanteer het. Daar was heerlik geëet en gekuier.

Fransman sê hy het weer opnuut besef watter uitdagings die bejaardes in die gesig staar – van hul verblyf tot hulle toegang tot gesondheidsdienste en SASSA-kantore in Promosa. “Kwesbaarhede in hierdie ouderdomsgroep wissel van die behoefte aan maatskaplike bystandsprogramme en maklike toegang tot gesondheidsorg”, sê Fransman wat glo dat ‘n lewende erfenis ‘n belangrike rol speel in die bevordering van kulturele diversiteit, sosiale kohesie, versoening, vrede en ekonomiese ontwikkeling. Hy sê Erfenisdag gee aan almal die geleentheid om na te dink oor hulle kulturele rykdom en om dit te erken en te respekteer.

Helpers wat die dag vir die ouer mense moontlik gemaak het, is van links: Lena Williams, Roseta Christie, Glenville Fransman en Jacqueline Sekelo. Foto: Verskaf
Die manne wat braai is Ledomaine Friesling en Glenville Fransman Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button