CommunityNewsNewsPhoto Galleries

VLU Leeuhart se oumas en kleindogters decoupage

Oumas en hul kleindogters het onlangs by die VLU Leeuharttak tydens 'n kunshandwerkprojek saam decoupage op inkopiesakke gedoen.

Tydens ‘n maandvergadering van die VLU Leeuharttak is ‘n praktiese klas aangebied waar lede inkopiesakke kon decoupage en met organza-blomme versier.

Almal wat besoedeling op hul hart dra, weet hoe belangrik hul eie inkopiesakke is wanneer hul kosvoorraad moet aankoop. ‘n Inkopiesak is ook ‘n uitstekende geskenk vir ‘n vriendin.

Drie Oumas wat lede van die Leeuharttak is, Kinnie Yssel, Annatjie van der Ryst en Jacoba Ras was so bevoorreg om saam met hul kleindogters te kon decoupage.

Genè Conradie, voorsitter van die Sonneblomstreek, het besoek afgelê en meegedoen aan die kunshandwerkprojek.

Gené Conradie, VLU Streeksvoorsitter van die Sonneblomstreek het die decoupage-sessie baie geniet. Foto: Verskaf

Diegene wat betrokke wil raak by die VLU (Vroue Landbou Unie) kan Ineke Bakker by 082 786 6820 kontak. Leeuharttak vergader elke derde Woensdag van die maand om 14:00 in die NG Mooirivier Kerksaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button