CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Bootdiefstal was twee rowers se swanesang

Die polisie het twee gesoute rowers Woensdag (20 Oktober) op die Carletonville-pad gearresteer nadat hulle ‘n boot met ‘n sleepwaentjie gesteel het.

Die polisie het twee gesoute rowers Woensdag (20 Oktober) op die Carletonville-pad gearresteer nadat hulle ‘n boot met ‘n sleepwaentjie gesteel het.

Volgens kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder in die Noordwes, was die boot op ‘n plaas tussen Potchefstroom en Ventersdorp gesteel.

Die twee verdagtes, Lampi Katake (53) en Pule Morei (47), het Vrydag in die Potchefstroomse landdroshof op diefstalaangklages verskyn.

Kol. Funani sê dat die polisie al lank na Katake en Morei op soek is. “Katake word met verskeie sake van veediefstal verbind en Morei word weer met besigheidsroof en huisroof verbind”, het Funani gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button