NewsNews

Bejaarde inwoner se moordenaars lewenslank tronk toe

Bejaarde inwoner se moordenaars lewenslank tronk toe

Die twee oorblywende beskuldigdes van die bejaarde Susanna Nel (84) van die Fochville-omgewing is Dinsdagoggend elk tot lewenslank gevonnis.

Pieter Swanepoel (29) en Chris van Vuuren (23) het die dag in die Fochville Landdroshof voorgekom. Landdros Adele Maass het die twee mans elk tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis. Beide het reeds tydens ‘n vorige verskyning in Augustus skuldig gepleit. Nel is op 24 Februarie verlede jaar dood op die plaas Elandsfontein in die Fochville-ongewing gekry. Haar liggaam was onder ‘n hoop klere gekry in haar eetkamer gekry en sy is vermoedelik verwurg. Die derde beskuldigde in die saak, Deborah Swanepoel (64), Pieter se ma, het in Mei vanjaar aan natuurlike oorsake in aanhouding gesterf. Die beskuldiges het ten tye van Nel se moord by haar gewoon na hulle haar blykbaar ‘n week tevore om verblyf gevra het. Die twee oorblywende moordenaars van die bejaarde Susanna Nel (84) van die Fochville-omgewing is vanoggend lewenslank hof toe gestuur. Pieter Swanepoel (29) en Chris van Vuuren (23) het vanoggend in die Fochville Landdroshof voorgekom. Landdros Adele Maass het die twee mans elk tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis. Beide het reeds tydens ‘n vorige verskyning in Augustus skuldig gepleit. Nel is op 24 Februarie verlede jaar dood op die plaas Elandsfontein in die Fochville-ongewing gekry. Haar liggaam was onder ‘n hoop klere gekry in haar eetkamer gekry en sy is vermoedelik verwurg. Die derde beskuldigde in die saak, Deborah Swanepoel (64), Pieter se ma, het in Mei vanjaar aan natuurlike oorsake in aanhouding gesterf. Die beskuldiges het ten tye van Nel se moord by haar gewoon na hulle haar blykbaar ‘n week tevore om verblyf gevra het. “Nel se familie sê hulle is tevrede met die vonnis,” sê Patrick Mokwena van Dreamstudiophotographers, wat vanoggend die hofsaak bygewoon het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button