NewsNews

LyriMus maak plaaslike musiek lewendig

Braam Coetzer, Sampie Claassen, Hanke de Kock en Jananda Coetzer het opgetree met elkeen wat op hulle eie unieke manier die gehoor bekoor het.

Die LyriMus Sessions #3 wat op Saterdag, 23 Oktober plaasgevind het, was ‘n groot sukses. Braam Coetzer, Sampie Claassen, Hanke de Kock en Jananda Coetzer het opgetree met elkeen wat op hulle eie unieke manier die gehoor bekoor het.

Sampie se weergawe van Dozi se “Pennies op die Spoor” was veral ‘n treffer op die aand. Hanke se weergawe van “I dreamed a dream” uit Les Misrables sowel as die John Legend treffer, “All of Me” het groot applous ontlok. 

Jananda het met ‘n paar golden oldies soos “Those Were The Days” die gehoor laat saamsing, terwyl Braam met die Beatles se “Ob-la-di, ob-la-da” en Kenny Rogers se “The Gambler” die aand op ‘n energieke wyse afgesluit het. 

Braam Coetzer, Sampie Claassen, Hanke de Kock en Jananda Coetzer. Foto: Verskaf.

Die volgende vertoning vind 6 November plaas.

Skakel Braam Coetzer op 082 570 4838 vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button