CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Moedeloos oor onwettige storting onder brug

Die woongebied langs die brug van Albert Luthulirylaan gaan al vir maande onder onwettige storting gebuk.

Die woongebied langs die brug van Albert Luthulirylaan gaan al vir maande onder onwettige storting gebuk.

Die vullishoop teenaan die brug in Dwarsstraat (wat uit Eleazerstraat draai) word al hoe groter en omliggende inwoners kla oor die stank en plae wat besig is om ‘n gesondheidsrisiko te word.

“Mense wat in die gebied woon, weet nie wie hul vullis daar stort nie en het die munisipaliteit al verskeie kere gekontak om die hoop met vullis te verwyder”, sê ‘n lid van die publiek wat die Herald van die storting bewus gemaak het.

“Ons is al moedeloos. Daar lê enigiets van kombuisafval tot vuil babadoeke,” kla hy vies.

* Die Herald het die munisipaliteit om kommentaar genader, maar het sedert verlede Dinsdag geen terugvoer ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button