NewsNews

Kersliedere onder die sterre by M.L. Fick hierdie Woensdag

Dié konsert sal in die buitelug onder die sterre op M.L. Fick se sportterrein om 18:00 plaasvind.

Laerskool M.L. Fick bied hierdie Woensdag, 10 November hulle Carols by Candellight konsert aan wat beloof om ‘n feestelike affêre te wees. Die gaskunstenaars op die aand sal die bekende plaaslike soliste, Dewald Grobler en Johan Schlebusch wees.

Dié konsert sal in die buitelug onder die sterre op M.L. Fick se sportterrein om 18:00 plaasvind. Die hekke sal alreeds vanaf 16:30 oopmaak.

Konsertgangers kan gerus ‘n kombers of kampstoel bring om op te sit en lekker gemaklik te wees. Die toegangsfooi is enige nie bederfbare kos.

Daar sal wel vir diegene wat honger raak hoender en- biefburgers teen R30 te koop wees. Die snoepie sal ook oop wees vir iets om die keel nat te hou en om aan te peusel terwyl die kersklanke deur die lug trek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button