CommunityNewsNewsPhoto Galleries

VLU Leeuhart verloor ‘n geliefde lid na 56 jaar

Mev. Dollie Linde, die oudste lid van die Leeuharttak van die Vroue Landbou Unie (VLU) is op 18 Oktober in haar slaap oorlede. Sy was vir 56 jaar deel van dié organisasie.

Mev. Dollie Linde, die oudste lid van die Leeuharttak van die Vroue Landbou Unie (VLU) is op 18 Oktober in haar slaap oorlede. Sy was vir 56 jaar deel van dié organisasie.

As jong dame het sy vir die eerste keer in Maart 1965 by VLU Leeuharttak aangesluit en vir baie jare in die bestuur gedien.

Vanaf 1970 tot 1978 was sy sekretaresse en van 1978 -1984 is  sy as voorsitter verkies. Buiten al die kongresse en konferensies wat sy bygewoon het, het sy vir baie jare die insameling en trekking van die lootartikel in die tak behartig.

Sy het haar as ‘n uitstekende bakster onderskei en ook gereeld aan kompetisies deelgeneem. Preservering was haar passie en talle van haar gebottelde produkte het gereeld op die beoordelingstafel gepronk.

Die lede van VLU Leeuhart onthou hoe haar man, Pieter, haar gereeld van die plaas Kruidfontein, waar hul gewoon het, na vergaderings toe gebring het. “Op ‘n stil waardige en geliefde manier het sy in die komitee gedien.

“Ons eer haar vir die kosbare voetspoor wat sy nagelaat het,” sê Ineke Bakker, een van die taklede.

Die Leeuharttak vergader elke derde Woensdag van die maand om 14:00 in die saal van die NG Kerk Mooirivier.

Dames wat belangstel om by die VLU Leeuharttak betrokke te raak, kan Ineke by 082 786 6820 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button